Engelse Burgeroorlog | |||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|
Deel van Oorlog van die Drie Koninkryke | |||||||
Die oorwinning van die afgevaardigde New Model Army oor die koninklike weermag in die Slag van Naseby op 14 Junie 1645 was die beslissende keerpunt in die Engelse Burgeroorlog. | |||||||
| |||||||
Strydende partye | |||||||
Koningsgesindes | Parlementariërs | ||||||
Aanvoerders | |||||||
Karel I (†) Ruprecht van die Palts Karel II |
Robert Devereux Thomas Fairfax Oliver Cromwell |
Die Engelse Burgeroorlog (Engels: English Civil War; 1642–1651) was 'n reeks gewapende konflikte en politieke twiste tussen die Parlementariërs ("Roundheads" genoem) en Rojaliste ("Cavaliers" genoem) in die Koninkryk van Engeland, wat hoofsaaklik om die regeringsproses gegaan het. In die eerste (1642–1646) en tweede (1648–1649) oorloë was die ondersteuners van koning Karel I en die ondersteuners van die Langparlement met mekaar oorhoeks, terwyl die derde (1649–1651) gevegte tussen die ondersteuners van koning Karel II en ondersteuners van die Rompparlement behels het. Die oorlog is ten einde gebring deur die Parlementêre sege by die Slag van Worcester op 3 September 1651.
Die oorlog het effektief 'n drieledige uitwerking gehad, naamlik: die verhoor en terregstelling van Karel I; die verbanning van sy seun, Karel II; en die vervanging van Engelse monargie met, aanvanklik, die Gemenebes van Engeland (1649–1653) en daarna die Protektoraat (1653–1659) onder Oliver Cromwell se persoonlike bewind. Die monopolie wat die Kerk van Engeland oor Christelike religie in Engeland gehad het is beëindig met die seëvierendes wat die gevestigde Protestantse Voorrang in Ierland gekonsolideer het. Grondwetlik het die oorloë die presedent geskep dat 'n Engelse monarg nie sonder die parlement se inwilliging kan regeer nie, alhoewel hierdie konsep eers as 'n meeloper van die Glorieryke Rewolusie in 1688, van 'n regsbasis verskaf is.